Avatar of Bertie

by

Here’s your holiday reading!

December 12, 2012 in Media

That time of the year again! Here are the stuff to upload for those boring hours on the beach.

But before I give my list for this year’s festive season, I quickly clicked back to my list of last year, to see if I still thought them worth highlighting.  You can too (http://blogs.fin24.com/bertieduplessis/2011/12/ ).

And yes, I still stand by those titles.

So here is this year’s list, with the reason I chose them:

  1. Antifragile: How to live in a world we don’t understand,  Nassim Taleb.  The greatest living philosopher. The most profound book since Kahneman’s Thinking fast and slow.
  2. Luck: What it means and why it matters, Ed Smith  Good luck may mask poor strategies. Don’t judge by outcome, but by process!
  3. The power of habit: Why we do what we do and how to change,  Charles Duhigg   Stop talking about values, start talking about habits. Habits are reality.
  4. The righteous mind: Why good people are divided by politics and religion, Jonathan Haidt    Your politics are built on your morals and your morals are genetically influenced.
  5. Uncommon service: How to win by putting customers first, Frances Frei and Anne Morris     Design processes so that average people can succeed, not superman and super woman.
  6. Presentation Zen: Simple ideas on presentation design, Garr Reynolds   Get rid of the boring stuff you have been shoving down other people’s throats.

And  for those of you who understand Afrikaans, I must recommend a book that I have collaborated on for most of the year – one of the most amazing publications to be published this year.

Afrikaans lees verder:
Raar, maar waar. Tot vandag toe was daar nie ‘n boek in Afrikaans om die verskillende tegnieke vir goeie skryfwerk te verduidelik nie.
Tot nou met Om te skryf!
Dink aan hoe jy ‘n goeie tennisspeler word. Jy moet die rughandhou die vlughou en die afslaan se tegnieke bemeester. Presies so met skryf, of dit nou ‘n blog is, ‘n voorstel aan ‘n kliënt, die toespraak by die lansering van ‘n nuwe projek, ‘n liefdesbrief, of dalk daardie roman wat jy nog altyd wou neerpen. Jy moet eers die basiese tegnieke baasraak: hoe om te oorreed, hoe om oor jouself te skryf, hoe om te definieer, hoe om daardie persoonlike kenmerkende jy – jou styl – na vore te laat kom.
Nou is daar Om te skryf!  ‘n Dubbeldoor boek + webwerf.  As jy van papier hou, koop die boek. Hou jy meer van digitaal kan jy die boek op die webwerf aflaai. Wat jy nog op die webwerf kan doen, is om die oefeninge te doen wat jou gaan help om beter te skryf. Dink weer tennis! Die webwerf is jou persoonlike skryfafrigter. En die beste van alles is, jy kan nog pryse wen met jou oefeninge. Kyk gerus by www.omteskryf.net  - let op die .net agtervoegsel. En as jy ‘n iPad het, kan jy sommer die app aflaai van die webwerf – vinnig, en seepgladmaklik.
Maar waar kom Om te skryf vandaan?
In die VSA skryf hulle ‘n Amerikaanse boek , Writing Prose voor vir MBA studente om hulle met hul skryfwerk te help. ‘n Allemintige publikasie van 667 bladsye in vergrootglasfyndruk.  In die Amerikaanse wêreld is dit die Bybel vir skryfkuns. Die boek is nou al in sy sesde uitgawe. En dis baie meer as net ‘n boek met goeie voorbeelde van die verskillende tegnieke en oefeninge. Dis ‘n hele opvoeding wat die beste skryfkuns van alle eeue bymekaarbring. Jy kry Japanees uit die middeleeue, antieke Grieks van Plato se tyd en daarvandaan aan omtrent al die groot prosaskrywers waaraan jy kan dink in elke moontlike stylsoort. Nou het Van Schaik-uitgewers die regte verkry om die boek in Afrikaans te verinheems. ‘n Hele klomp joernaliste skrywers met Koos Bekker en Tim du Plessis aan die spits het so ‘n jaar gelede aan die werk gespring. Die goeie antieke en Engelse voorbeelde is behou , maar vertaal in Afrikaans, maar daarby is die die beste Afrikaanse skryfwerk oor die laaste sestig jaar of so gekies, van N P van Wyk Louw tot by Dana Snyman endie vrae aangepas sodat die boek so Afrikaans is as wat kan kom.
Waarvoor wag jy nog?

 

 

 

 

 

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Switch to our mobile site